WAAROM DIE MEATMASTER?

Geld uit die veld

Na aanleiding van n artikel in die Agriforum van April 2017,waar die Meatmaster in die bylaag vir vetstert rasse verskyn,het die vraag onmiddelik by ons opgekom. Is die Meatmaster net nog n vetstertras? Ek glo nie.

Begin by die begin.

Omtrent 30 jaar gelede het die pioniers van die Meatmaster ras besef daar het n gaping in die mark bestaan tussen die bekende vleis rasse en die geharde inheemse rasse.So het hulle die Dorper (vleisras) met die Damara (Afrika ras) gekruis.
Die basters (foto1)wat daaruit gekom het het goeie eienskappe van beide rasse bevat.Omdat dit egter eerste kruising basters was, het hulle nog geen erfdwang gehad nie,dit wil se, hulle kon nog nie hulle gene suksesvol oordra nie.
Die pioniers het hierdie kruisings gebruik en deur inteling,lynteling en doelgerigte seleksie die eienskappe wat die Meatmaster n unieke ras maak, vas te teel. Daarom is enige bont skaap ook nie n Meatmaster nie.
Die Meatmaster is dis n ras wat oor baie generasies geteel en geselekteer is om hom uniek te vestig in die gaping wat daar was tussen Europese vleis rasse en Afrika tipe rasse. Die Meatmaster(foto2)

Unieke eienskappe waarvoor oor baie jare geselekteer is, is bouvorm en bespiering van Dorper kant en vrugbaarheid,gehardheid,tropinstink en weerstandigheid van Damara kant. Waarlik n klomp wonderlike eienskappe vasgevang in een ras. Bewyse hiervan kry ons uit alle dele van die land,van die droogste gedeeltes waar ooie op die veld dragtig moet raak en hulle lammers suksesvol grootmaak tot natter dele waar die Meatmaster meer weerstandig moet wees maar steeds produseer en n aanvaarbare lam wat reg gradeer aan die mark te bied.
So is daar ook bewyse van oraloor dat die meatmaster n baie goeie en aanvaarbare karkas aan die mark lewer.
Kombineer dit met al die ander eienskappe, meer lammers,minder arbeid intensief en goeie karkasse in die abatoir, weet ons nou waarom die slagspreuk “geld van die veld”

Prof. Bonsma het die volgende kommentaar ten opsigte van rasstandaarde gelewer. ‘ Dit is my oorwoe mening dat sekere rasgenootskappe vaste idees het oor wat die ideale tipe vee vir hul spesifieke ras is. Hulle het hulle rasstandaarde so streng vasgemaak dat geen veranderinge kan plaasvind nie en hulle het n punt bereik waar hulle nie wenslike variante kan selekteer nie, daarom kan hulle ras nie verbeter word nie.’

Rasstandaarde

As dit kom by die Meatmaster rasstandaarde moet ek noem dat in ons seleksie geen plek is vir spoggerige punte soos kleur, bloedsammestelling of irrelivante bouvorm eienskappe nie, maar dat dit net gaan oor die seleksie van sekere eienskappe wat net te doen het met winsgewindheid en doeltreffendheid.

Omdat die Meatmaster so gewild raak dwars oor die land word moet ons binne die rasstandaarde ook voorsiening maak vir verskillende tipes om by verskillende boerdery gebiede aan te pas. Verskillende tipes word in die volgende kategoriee verdeel. 

All-rounder(middle-of-the-road) Tipies van die ras met genoeg van alles(foto3)
Afro. Laat ryp, neig na Afrika tipe(foto4)
Euro. Vroeg ryp, neig na Europese tipe(foto5)

As mens nou alles in ag neem moet jy saamstem dat ons hier te doen het met n baie besonderse ras wat oor jare vasgeteel is. Alle bont skape is nie Meatmasters nie, en NEE die Meatmaster is nie net nog n Vetstertras nie. Die Meatmaster is n opregte ras wat n baie belangrike segment in die mark vul.

Nico Truter.

 

Die Meatmaster Telersgenootskap Namibië

Skakels

Kontak ons

  Meatmaster Telersgenootskap,
Posbus 17, Mariental,
Namibië

   081 262 4146

   Stuur vir ons 'n e-pos